weer

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ligte reën en geïsoleerde tot verspreide buie word in minstens twee provinsies van die land voorspel. Die weerdiens sê die Oostelike helfte van die Noord-Kaap sal mooi en warm weer ervar, en gedeeltelik bewolkte toestande in die uiterste suide. Oggendmis word verwag vir die westelike dele van die provinsie langs die kus waar dit gedeeltelik bewolk sal wees. Die wind langs die kus sal 'n matige tot fris suide wees wat sterk word in die middag. 30 grade vir Upington vandag en 27 vir Kimberley.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media