Nk verdagtes gesoek

Die polisie in Noordwes het ‘n 38-jarige man by Morokweng in hegtenis geneem. Die verdagte was vermoedelik die meesterbrein van ‘n voorval in Desember verlede jaar, waar 44 beeste buite Bray naby Vryburg vergiftig is. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê die verdagte en vier medepligtiges het na bewering ook agt stuks vee gesteel. Die verdagte sal môre in die Ganyesa-landdroshof verskyn op aanklagte van veediefstal en kwaadwillige saakbeskadiging. Die soektog gaan voort na die vier medepligtiges, wat vermoedelik in die omgewing van Kuruman in die Noord-Kaap is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media