Anglo American met sy noordkaapse belange het ‘n hersiene aanbod van die Australiese mynreus, BHP, om hom oor te neem, van die hand gewys. BHP het in April ‘n eerste aanbod gemaak om Anglo American sonder sy Suid-Afrikaanse bates oor te neem, maar die aanbod van 39 miljard dollar is verwerp. Verlede week het die Australiese maatskappy sy aanbod hersien en ‘n verbeterde aanbod van 43 miljard dollar gemaak. Die nuwe aanbod het steeds die Suid-Afrikaanse bates uitgesluit. BHP sê hy is teleurgesteld oor die Anglo-direksie se besluit.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za