Keimoes man swaar gestraf

'N Noordkaapse man wat sy meisie se pa vermoor het na hy uit aanhouding vrygelaat is weens wat as gebrekkige ondersoek afgemaak word na die moord op sy broer is in die rondgaande hoogeregshof in Upington lewenslank en nog vyftien jaar gevangennis straf gevonnis. Die 32 jarige Samuel Irion is ook vyf jaar vir aanranding gestraf. Die Nasionale Vervolgings Gesag se woordvoerder Mojalefa Senokoatsane se Irion het sy broer in Keimoes in November 2019 in sy rug gesteek en 'n buurman in sy kop. Senokoatsane se in Februarie 2021 het Irion sy meise se pa vermoor. Die aanklaer Sue Ann Weyers Gericke het betoog dat Irion die maksimum vonnis opgele word weens die twee moorde asook die aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media