Tb waarskuwing

Die MIV navorsingsinstituut van Suid Afrika waarsku dat gevalle van tuberkulose besig is om kommerwekkende toenamens landswyd te neem. Volgens die navorsings spesialis dokter Pauline Howell sterf een persoon elke tien munite weens die skielike toename in TB gevalle en word die Oos Kaap en Kwazulu Natal tans as brandpunte beskou. Die departement van gesondheid het intussen ook met sy inentings program begin en die instituut moedig mense in die ouderdomsgroep 15 tot 44 jaar aan om hulleself by die program aan te sluit. In die ZF Mgcawu streek het die departement se Bennie Van Skalkwyk 'n beroep gedoen op inwoners om hulleself en hulle geliefdes teen enige vorm van tuberkulose en ander siektes te beskerm deur verantwoordelik op te tree en inentings te neem.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media