Departement lewer geen komentaar

Die departement van Gesondheid in die ZF Mgcawu streek word daarvan beskuldig dat hulle die wet op die beskerming van persoonlike inligting oortree het na bewerings op sosiale media dat persoonlike pasiente inligting in die oop veld gestort is. Van die inligting is na wat berig word uiters sentitief en bevat name en belangrike data van pasiente wat volgens wet 'n ernstige skending van privaatheids reg inhou. Die departement se woordvoerders beide Lulu Mxekezo en Lebogang Majaha ignoreer reeds die afgelope paar versoeke van ons redaksie met pogings wat nou na die nasionale woordvoerder Foster Mohale gerug is vir komentaar. In die plasing van die berug op die Upington Concern Citizens groep, is foto materiaal wat daarop dui dat die plaser van die inligting korrek is en dat 'n voertuig van die departement ook gewar is om opruim werk te doen na die opmerking. Die hoof van die departement in die streek Max Beketsana het by navraag laat weet dat sy komentaar na die provinsie gestuur is. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media