ANC wen tussen verkiesing

Die ANC het op 24 April die tussenverkiesing gewen wat vir Wyk 3 in De Aar, in die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit gehou is, wat deur die EFF betwis is. ANC-kandidaat Brydo Mzingisi Mvenya het 79,2% persent van die stemme gewen vergeleke met Sandile Walter Makhandula, EFF-kandidaat, wat 378 stemme behaal het. Altesaam 1 851 kiesers het tydens die tussenverkiesing hul stemme uitgebring waar daar 26 bedorwe stembriewe was. Die Pixley Ka Seme ANC-streeksvoorsitter, Khathazile Tolong, het kiesers en vrywilligers bedank vir hul harde werk. Hy het ook sy steun aan die party president Cyril Ramaphosa uitgespreek. Shadrack Tlhaole, provinsiale voorsitter van die EFF, het gesê hulle is tevrede met hul vordering in die Emthanjeni-streek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media