man wat lewensmaat skiet gestraf

’n Man van die Noord-Kaap is 22 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy lewensmaat nadat sy hom vertel het dat sy hom met MIV besmet het. Volgens 'n polisie verklaring is Andries Buffel in die hooggeregshof in Kimberley gevonnis nadat hy skuld beken het op die aanklag dat hy sy lewensmaat, Charlene Molokwane, doodgeskiet het. Woortvoerder vir die Nationale Vervolgings Gesag Mojalefa Senokoatsane sê hy is ook aangekla van diefstal, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Senokoatsane sê Buffel het op 7 Junie op Ritchie, sowat 40 km Suid van Kimberley, sy broer se vuurwapen uit ’n kluis gesteel. Later terwyl hy saam met vriende gekuier en gedrink het, het sy  hom meegedeel dat sy die een was wat hom met MIV besmet het. Die beskuldigde het aangedui dat hy geskok en verneder was en besluit het om homself en die oorledene te skiet. Hy het die gesteelde vuurwapen op die oorledene gerig, die sneller getrek en haar in haar agterkop geskiet. Senokoatsane sê, hy het probeer om selfmoord te pleeg deur homself in die bors te skiet Buffel is ook deur die hof onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media