Ag vandag in hof

Agt Nigeriese burgers wat van openbare geweld aangekla word, sal na verwagting vandag in Kimberley se landdroshof verskyn. Hul het na bewering verlede week polisiebeamptes en die Phakamilemajiba-polisiestasie in Kimberley aangeval, nadat die polisie ‘n Nigeriër vir die besit van dwelms in hegtenis geneem het. Die polisie moes die groep met rubberkoeëls uiteen te jaag. Dit is nog nie bekend of die Nigeriërs wettig in die land is nie. Polisie vakbonde SAPU en POPCRU het hulle ontevredenheid oor die voorval uitgespreek en gese geen buitelander het die reg om in Suid Afrika n aanval teen die staat te loods en niks daarvan te kom nie. Popcru het aangevoer dat 'n duidelike boodskap gestuur behoort te word aan alle buitelanders dat die land se wette gehoorsaam behoort te word en dat die oortreding daarvan nie geduld gaan word nie. Die unie sê dieselfde moet vir suid afrikaners geld.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media