Laerskool Progress glo ryk aan diamant gronde.

Dit het aan die lig gekom dat diamantryke grond onwettig onttrek is vanaf die perseel van die Laerskool Progress in Kimberly, glo nadat ‘n diensverskaffer aangestel is om die terrrein skoon te maak vir ‘n sport veld. Die werksaamhede van die diensverskaffer is deur die gemeenskap gestaak, omdat eersgenoemde glo onder valse voorwendsels die grond vanaf die skool perseel verwyder. Die gemeenskap se vermoede is nabewering dat die grond elders vir persoonlike gewin verwerk sou word. Teen die tyd dat die gemeenskap verlede week Dinsdag ingespring het, was drie vragmotorvragte grond reeds verwyder en was 'n graafmasjien op die grond aan die werk. Gemeenskapslede het bevraagteken hoekom die kontrakteur besig was om die diamantdraende grond op te grawe in plaas daarvan om 'n skraper te gebruik om die grond skoon te maak en gelyk te maak. Dit blyk egter dat die skool nie bewus was van die uitgrawing wat in hul agterplaas plaasvind nie, en glo dat die grond vir 'n sportveld skoongemaak word. Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Maandag bevestig dat 'n ooreenkoms bereik is dat geen mynaktiwiteite op die skoolperseel mag plaasvind nie, aangesien dit privaat eiendom is. Geoffrey van der Merwe, departementswoordvoerder, het gesê die gemeenskap het onderneem om nie die skool se ontwikkeling te belemmer nie.  

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media