Man dood moord ondersoek

'N saak van moord word deur die Suid Afrikaanse Polisie Diens in Rosedale buite Upington ondersoek na 'n 37 jarige man na bewering tydens die aankeer van 'n inbraak verdagte met 'n mes in sy nek gesteek is. Die polisie se woordvoerder in die ZF Mgcawu streek sersant Omphile Masegela sê lede van die gemeenskap en 'n plaaslike sekuriteits maatskapy het die verdagte gejaag en vasgekeer toe die voorval gebeur het. Die verdagte staar 'n klagte van moord in die gesig terwyl die 37 jarige man deur nooddienste op die toneel dood verklaar is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media