Die president van die Khoisan Revolusie party, wie nie aan die nasionale en provinsiale verkiesing gaan deelneem nie, het die party se steen aan die ANC in die Noordkaap toegese. Stanley Peterson het ondersteuners van die Khoisan Revolusie party aangemoedig om vir die ANC tydens die verkiesing te stem. Hy sê die besluit is gebaseer op die verhouding tussen die party en die ANC en was na behoorlike deurdenke oorsig deur partyseniors geneem. Hy sê die party is vasbeslote dat die besluit in die belang van die mense en dienslewering geneem is en dat die ANC sal voortgaan om diens te lewer aan die gemeenskappe veral die khoisan mense.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za