vrou met diesel betrap

’n 41-jarige vrou is na bewering in Snake Park in hegtenis geneem nadat kanne met vermoedelik gesteelde diesel die naweek in haar huis gevind is. 'n aantal leë houers is volgens 'n polisie verklaring ook in haar kroeg gevind. Luitenant-Kolonel Sergio Kock, polisie woordvoerder sê die polisie het die 41-jarige verdagte op 19 April vir die besit van vermoedelik gesteelde diesel in hegtenis geneem en sy het die 22ste reeds in die hof verskyn. Kock sê die ondersoek na die oorsprong van die diesel duur intussen voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media