interne ondersoek gevra na kabel diefstal

Die Demokratiese Alliansie het die Dawid Kruiper-munisipaliteit versoek om 'n interne ondersoek na die diefstal van munisipale infrastruktuur, veral koperkabels, te loods. Dit kom nadat twee munisipale amptenare na bewering van 'n munisipale voertuig gebruik gemaak het om koperkabel aan 'n skrootmetaalhandelaar te probeer verkoop en op die vlug geslaan het toe die wetstoepasings agentskappe wat die polisie insluit geskakel is. Die DA sê die party het die voorval met die bestuurder van die munisipale elektriese eenheid bevestig, wat ook die skorsing van albei amptenare bevestig het. Die party sê hoewel hulle die ferm reaksie deur die munisipaleteit waardeur kom die kommer reeds die afgelope vier jaar met die aftakelende diefstal van honderde duisende rande se kabels en munisipale infrastruktuur in die Upington-omgewing. Die party sê in sommige gevalle kon diefstal maklik voorkom gewees het as sekuriteitsbeamptes betyds opgetree het op verslae van kabels wat gesteel word. Die party sê interne ondersoek na die betrokkendheid van munisipale amptenare moet gelas word. Die woordvoerder vir die Dawid Kruiper munisipaleteit Patrick Williams het nie op navraag vir komentaar gereageer nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media