Duiwe liefhebbers gaan die Saterdag vanuit alle oorde van die Noordkaap en die land op Upington toesak vir die Noordkaap sierduif vereniging skou in die max minnaar saal by die Upingtonse skougronde. 428 duiwe word deur 35 vertoners wat 45 rasse gaan vertoon geskou. 'N duiweveiling gaan ook tydens die skou plaasvind terwyl die Suid Afrikaanse Kampioenduif "King" van Hein Boshof in die Wes Transvaal ook om die titel vanjaar gaan meeding. Beoordelaars is van sover as Malmesbury in die Weskaap sowel as sentraal Suid Afrika in Bloemfontein en Pretoria. Die geleentheid word ook volgens die Noordkaap sierduif vereniging gratis aangebied en beloof om groot getalle plaaslike duiwe liefhebbers te lok.seppie esterhuizen voorsitter van die vereniging verduidelik.. insert
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za