Die Noord-Kaapse polisie ondersoek ‘n saak van moord, poging tot moord en het met ‘n geregtelike ondersoek begin. Dit volg nadat ‘n polisiebeampte van Kimberley na bewering sy vriendin en haar broer geskiet het, voordat hy sy eie lewe geneem het. 'n polisie verslag dui darop dat die 36-jarige beampte en sy 35-jarige vriendin op die toneel dood gevind is. Die 37-jarige broer word volgens inligting in die hospitaal behandel. Die oorsaak van die skietvoorval word nog ondersoek. Die Noord-Kaapse polisiekommissaris, Koliswa Otola het medelye met die families van die slagoffers betuig.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za