da oor kusdorp se water probleem na vass

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap sê hulle het aan die Lid van die Uitvoerende Raad vir samewerkende regering menslike nedersettings en tradisionele sake Bentley Vass, geskryf om hulle kommer uit te spreek oor die voortslepende waterprobleme in McDougalls baai naby Port Nolloth. Inwoners van McDougalsbaai was nabewering sedert die eerste week van Maart sonder water en die toevoer is eers die 7de April vanjaar herstel. Die amptelike kommunikasie van die munisipaliteit is gebrekkig, wat beteken dat inwoners in die duister is oor die redes vir die onderbreking en die stappe wat geneem is om watertoevoer te herstel. die party se Daar is dus ‘n werklike vrees dat n soortgelyke krisis homself op kort kennisgewing kan herhaal.die demokratiese aliansie se in hulle skrewe dat benewens die gesondheidskrisis en krisis in higiëne vir inwoners, is die gebrek aan betroubare watertoevoer ook ‘n struikelblok vir die plaaslike ekonomie, wat grootliks van toerisme en visvang afhang.hulle het in hulle versoek aan Vass herhaal om die munisipaliteit by te staan met beter kommunikasie, sodat inwoners kan weet wat om te verwag en hoe om te beplan vir enige wateronderbreking wat hul lewens of besighede kan raak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media