Weer

Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens sê die brandgevaar waarskuwing wat gister uitgereik is duur vandag voort vir veral die Tsantsabane en Siyatemba munisipale regsgebiede by Postmasburg en Prieska onderskeidelik. Sonnig en koel tot warm weer word vir die res van die Noordkaap voorspel waar dit vandag 'n stewige 35 grade in Upington gaan wees gevolg deur 31 in die provinsie se hoofstad Kimberley, 23 in Sutherland en 18 by Alexanderbaai. Die weerdiens waarsku oor die maak van oop vure wat tot wegholveldbrande kan lei.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media