Manupulasie vermoed

Die Copper 360 maatskapy wat die koperverwerkings aanleg by Nababeep in die Noordkaapse Namakwa besit en nagenoeg 160 werksgeleenthede skep sê hulle bly toegespits om die ontgining van koper uit ou myne in die provinsie voort te sit. Die maatskapy sê hulle jongste styging in die aandelle prys met minstens 7 koma 6 persent tot 2 rand 69 word ondersoek omdat die maatskapy manipulasie vermoed. Copper 360 sê in 'n verklaring dat transaksies ingevolge artikel 56 -(3) van die maatskapywet begin en ondersoek sal bepaal of daar wel enige ongerymdhede bestaan wat tot die skerp daling in die aandele prys gelei het. Hulle waarsku dat indien dit so bevind sou word strafregtelike klagtes teen die individu of instelling gebring gaan word .

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media