Die saak teen agt Nigeriërs wat in hegtenis geneem is toe hulle na bewering ‘n polisiestasie op Kimberley aangeval het, is in die plaaslike landdroshof tot Vrydag uitgestel om verdere inligting in te win. Die verdagtes word aangekla van openbare geweld, en kwaadwillige saakbeskadiging van ‘n nasionale sleutelpunt. Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Mojafela Senokoatsane is die polisie steeds besig om hulle verblyfstatus in Suid-Afrika te bevestig, en te ondersoek of hulle met enige ander sake verbind word. Die verdagtes het glo op die polisiestasie toegeslaan nadat ‘n ander Nigeriër in verband met dwelms in hegtenis geneem is.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za