DFC sien uit na suksesvolle rugby seisoen.

Onder voorsitter vir die DFC rugby klub Ashley Louw, sê dat die span hulle goed gekwyt het van die taak om voor te berei vir die opkomende 2024 rugby seisoen, wat fiksheid en wedstryd plan behels. Louw sê die oorblywende tyd voor die afskop van die seinsoen sal gebruik word om verdere skaaf werk aan die span te doen om die absolute sukses te kan verseker.  Volgens Louw sien hulle uit daarna om ‘n suksesvolle seisoen te het, inaggenome die harde werk wat die spelers, die bestuur, aministrateure en afrigters agter die skerms belê het die afgelope tyd. Louw sê die opkomende seisoen is weereens ‘n goeie geleenheid vir rugby liefhebbers om teen die veld te staan om hulle steun te toon.  

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media