Danielskuil gekombineerde skool se skoolbus opsoek.

Die Danielskuil gekombineerde skool se skoolbus is na beweering gesteel en die gemeenskap se hulp word gevra om dit terug te kry. Volgens die skool was die bus agter slot en grendel toe die skool die afgelope Vrydag verdaag het. Na aanleiding van inligitng blyk dit voorkom dat die bus gesteel is vanaf die skool perseel tussen Vrydag aand en Saterdag oggend. Inligting wat deur die polisie aan die skool verskaf is dui aan dat die spoorsnyer van die bus anderkant Kuruman ontkoppel is. Verder dui inligting vanaf die polisie aan dat die bus in Johannesburg tot stilstand gekom het. Die afwesigheid van die bus was vanoggend gemerk toe die skool se netbal span ‘n reis moes onderneem na Upington. Die skool meen dat die steel van die bus haarfyn beplan was.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media