Twee skuldig

Twee mans wie 'n minderjarige meisie verkrag het is in die hof in Calvinia skuldig gevind na hulle skuldig op die klagtes gepleit het. Die 21 jarige Randall Snyders en 28 jarige Janere Rossouw is dieselfde dag inhegtenis geneem en was in aanhouding tot 19 April vanjaar . Polisie woortvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock het die vonnis verwelkom. Kock sê Rossouw en Syders is op die selfde dag in hegtenis geneem toe 'n klagte teen hulle gemaak is en beweerings dat hulle beurte gevat het om 'n 14 jarige meisie in 'n ope veld te verkrag. Rossow is 'n 20 jaar tronkstraf opgedien en Snyders is tot 18 jaar gevangenis straf gevonnis. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media