Gesoektes aangekeer

23 gesoekte verdagtes is inhegtenis geneem tydens 'n opspooring operasie deur speurders in Roodepan buite Kimberley. Sersant Timothy sam van die polisie sê die verdagtes was gesoek vir verskeie misdade wat insluit moord, poging tot moord, huisbraak, diefstal en die onwettige handel in dwelms. Hy sê van die verdagtes het versuim om in die hof verskein. Alle verdagtes verskyn vandag in die Roodepan en Kimberley landroshowe onderskeidelik.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media