Verkragter vas

Die Noordkaapse polisie het die 15 jaar gevangenisstraf deur die Mothibistad landroshof vir die 25 jarige Lekwe Moeng verwelkom. Sersant Timothy Sam sê, Moeng is skuldig gevind op 'n klag van verkragting na hy 'n 34 jarige vrou angerand en verkrag het in junie 2022. Sam sê die beskuldigde is op Woensdag 10 April 2024 skuldig gevind en was ook ongeskik verklar om 'n vuurwapen te besit. Hy sê die hof het gehoor dat die beskuldigde die slagoffer herhardelik verkrag en aangerand het nadat hy har in sy huis gesleep het. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media