Bedrieer gestraf

Die 38 jarige Shahein Anwar Hassen is in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Kimberley tot 4 jaar direkte gevangenis straf gevonnis op aanklagte van belasting bedrog en die oortreding van die wet op doane en aksyns. Hassen het volgens die Valke 29 valse belastings eise ingedien in 2020 en twee valse inkomste belastings eise vir 2021 ingedien en so 324 duisend 802 rand van die inkomste diens onwettig bekom. Nomtandazo Mnisi van die Valke sê die bevinding behoort as afskrikmiddel te dien vir enige persoon wat die en ander soortgelyke oortredings wil pleeg.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media