Agt buitelanders vas

Agt Nigeriers is inhegtenis geneem na hulle polisie beamptes aangeval en staatsvoertuie beskadig het tydens 'n operasie waar die polisie inligting opgevolg het oor 'n Nigerier wie in besit van dwelms is. Die aanval op die polisie het tydens die deursoeking plaasgevind. Een verdagte is inhegtenis geneem vir die besit van dwelms terwyl drie ander vir openbare geweld inhegtenisgeneem is. Een van die verdagtes het in die proses 'n ruit by die polisie stasie gebreek. Nog 'n groep nigeriers het by die polisie hulle opwagting gemaak en dreigemente geswaai. Rubberkoels is afgevuur om die oproer onder beheer te bring. Die provinsiale kommisaris luitenant generaal Koliswa Othola het gewaarsku dat die gedrag nie in die Noordkaap toegelaat gaan word nie. Die verdagtes verskyn in die hof. Kolonel Cherelle Ehlers verduidelik.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media