22 dae sonder beurtkrag vandag

Eskom sê beurtkrag bly vir eers tot verdere kennisgewing opgeskort. Vandag sal die 22ste agtereenvolgende dag, of sowat 540 ure sonder beurtkrag wees. Die laaste keer wat Suid-Afrikaners só ‘n lang tydperk sonder beurtkrag beleef het, was in Junie 2022. Die kragvoorsiener sê dit is te danke aan ‘n laer vraag na elektrisiteit, gepaardgaande met volhoubare opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes. Intussen is die minister van elektrisiteit Kgosiento Ramokgopa vandag in die Noordkaapse Kai Garib munisipale regsgebied waar hy saam met die premier Dr. Zamani Saul 'n uitreikings program van die sonkragverskaffer Scatect bywoon.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media