Vala umgodi

Operasie Vala Umgodi in die noordkaapse Frances Baard streek het daartoe gelei dat vermeende dwelmhandelaars in Galeshewe buite Kimberley vasgetrek is. 'N 35 jarige verdagte is inbesit van mandrax tablette asook tik wat in vroue skoene versteek was betrap en inhegtenis geneem. In 'n soortgelyke optrede is twee ander verdagtes 28 en 37 jaar oud met mandrax tablette betrap en gearesteer. Die waarde van die dwelms beloop volgens die polisie minstens tien duisend rand en die drie verdagtes gaan in die hof verskyn. Sersant Molefi Shemane se die geveg teen onwettige aktiwiteite in die Noordkaap gaan onverpoos voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media