Dwelmhandelaar vas

Die georganiseerde misdaad voorkomings eenheid van die Suid Afrikaanse Polisie Diens saam met die Kimberley misdaadvoorkomings eenheid se (A) skof het 'n 44 jarige Nigerier inhegtenis geneem vir die besit van dwelms tydens 'n spesiale operasie wat in die stad Kimberley van stapel gestuur is. Die lede het 'n sakeperseel naby Belgravia in die stad dopgehou waar 'n transaksie sou plaasvind. 31 duisend 380 rand se Khat is tydens die operasie op beslag gelĂȘ. Die verdagte gaan in die Kimberley landroshof verskyn.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media