Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens het geen waarskuwing vir vandag uitgereik nie. Mis word langs die Noordkaapse kus en op plekke in die ooste van die provinsie verwag met gedeeltelik bewolkte weer met enkele verspreide buie en donderbuie in die ooste later vandag. In Upington word dertig grade vir vandag voorspel gevolg deur 23 in Kimberley, 20 aan die kus by Alexanderbaai en 23 in Sutherland.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za