Die Tsantsabane munisipaleteit se burgermeester Helene English tesame met die speaker Lindiwe Teise en raadslede het byeengekom om veiligheidsaspekte in die regsgebied te bespreek. Die munisipaleteit sê in 'n verklaring die vergadering was bygewoon deur die gebiedsbevelvoerder van die Suid Afrikaanse Polisie Diens in die ZF Mgcawu streek en het ten doel gehad om die lede van die streeksraad asook plaaslike polisie se gemeenskaps polisieerings forums bekend te stel. English het tydens die byeenkoms samehorigheid onder alle raadslede ongeag politieke afiliasie bepleit.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za