verkragter vas

'N beskuldigde wat skuldig bevind is aan poging tot verkragting en aanranding van ’n 15-jarige meisie in Kimberley is tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Sersant Merapelo Pilane, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op 30 Julie 2022 omstreeks 20:00 plaasgevind toe die 15-jarige meisie en haar neef 'n plaaslike klub besoek het. die verdagte het haar in die badkamer aangerand waar hy haar probeer ontkleed het. Die slagoffer het volgens 'n verslag deur die polisie daarin geslaag om te ontsnap en het die saak by die Kimberley-polisie aangemeld. Die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem. Pilane het bygevoeg dat die beskuldigde deur die hof vir seksuele misdrywe in Kimberley skuldig bevind is en tot vier jaar direkte gevangenisstraf gevonnis is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media