Gemeenskappe se toevoer afgesny

Inwoners van Galeshewe en Platfontein buite Kimberley se watertoevoer is afgesny in 'n poging om die vlakke van die Newton watersuiwerings aanleg aan te vul. Die Sol Plaatje munisipaleteit sê die onderbreking is tydelik in 'n poging om die algehele watertoevoer wat reeds nege dae afgesny is in die stad weens herstelwerk aan n grootskaalse lekasie wat weens nog 'n lekasie vertraag is te herstel. Thabo Mothibi van die munisipaleteit sê die toevoer na die gemeenskappe asook die res van die stad behoort na voldoende watervlakke in die genome reservoirs herstel te wees.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media