Weer

Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens het 'n geel Vlak 2 waarskuwing uitgereik oor ontwrigtende reen in die verre oostelike dele van die Noordkaap die verre suide van Gauteng asook Noordwes en die Vrystaat asook die hoe veld en platorand van Mpumalanga. Die diens sê die reen kan lei tot oorstromings en ontwrigting van noodsaaklike dienste. 'N geel vlak twee oor erge donderstorms met moontlike swaar reen en skadelike wind veral in die sentrale en westelike dele is vir Kwazulu Natal uitgereik. In die Noordkaap sal dit mooiweer en warm wees voordat dit vanaf vanaand in die suidooste bewolk gaan raak. Upington is vandag 30 grade, gevolg deur 24 in Kimberley, 19 aan die kus by Alexanderbaai en 22 by Sutherland.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media