Dit blyk dat leerlinge wie vanaf Swartkop, na die Onder Gariep en Grootdrink
Primêre skole vevoer word se leerling vervoer uitdagings steeds voortduur. Dit
volg nadat leerlinge op Woensdag, 17 April 2024 teen vyf uur namiddag stees nie
tuis was nie. Bymonde van Nomthandzo Phiri, ‘n gemeenskapslid en ook ouer het
die huidige akademiese jaar goed afgeskop, maar dinge het skielik weer moeilik
geword vir leerlinge van Swarkop. Volgens Phiri is die skole vervoer nie meer ‘n
uitdaging nie, want weens die voortdurendheid daarvan het dit mee gebring dat
dit nou omgeskakel is na ‘n probleem. Phiri las dat Woensdag een van vele dae is dat
leerlinge aan hul eie genade oorgelaat word om by die huis te kom. Phiri het in
2023 ook haar misnoeë uitgespreek oor
die kwessie, vanwaar die die department onderwys in die provinsie gesê het dat hy
op daardie stadium bewus was van die probleem en dat onmiddelike ingryping van
stapel gestuur was met die aanstelling van ‘n diens verskaffer in konsultasie
met die gemeenskap. Phiri sê die probleem het ‘n enorme negatiewe inpak op die
welstand van hierdie leerlinge.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com