Gemengde gevoelens na drankwinkels sondae in nk deure oopmaak

Die besluit deur die Noordkaapse regering onder leiding van premier Zamani Saul om wetgewing te wysig wat toelaat dat drank nou Sondae beskikbaar deur middel van die wettige verkoop daarvan in drankwinkels gaan wees, is met gemengde gevoelens in die gemeenskap van Upington aanvaar. Die Noordkaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme wat die oorsig rol oor die drank en dobbel raad speel word daarvan beskuldig dat die besluit in die belang van die komersiele begunstigdes geneem is en nie die van die gewone man op die straat nie. Die voormalige hoof van maatskaplike ontwikkeling in die ZF Mgcawu streek en huidige advokaat en teoloog Mervin Oktober sê die besluit is 'n terugslag vir die harde werk wat gedoen is om bewusmaking rondom die misbruik van drank in die gemeenskap aan te spreek. Oktober se dit gaan veroorsaak dat veral kinders wat gewoond daaraan is om te eksperimenteer nou groter toegang tot veral goedkoop drank kry terwyl die vernalaat van kinders deur drinkende ouers nou gaan vererg. Hy se die drankraad moet wyer konsulteer om te verseker dat kinders onder die wetlike ouderdom nie maklik tot drank toegang kan kry nie. Laastens se Oktober opvoeding weeg swaarder as alle instansies wat verslawende middels verkoop en beter reguleuring moet in plek gestel word. Die voormalige Noordkaapse premier en huidige adjunk voorsitter van die nasionale raad van provinsies Silvia Lukas stem met Oktober..............INSERT (1:05-1:36 ) Die suid Afrikaanse Polisie in die provinsie se kominikasie kantoor se kolonel Cherelle Ehlers het by navraag geskok gereageer en gese dus die heel eerste dat die polisie van die besluit hoor.............INSERT (0:02-0:14) Sy sê die drankraad behoort die beste hierop te reageer. Die drankraad se Daniel Trom het intussen bevestig dat klaring die 22 ste van die maand in Upington tydens 'n amptelike besoek gebring gaan word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media