Nagenoeg twee jaar na die inhegtenisname van vier voormalige amptenare van die Noordkaapse departement van ekonomiese ontwikkeling finansies en toerisme het die vier vroeer in die handelsmisdaadhof onskuldig gepleit. Die vier is inhegtenis geneem vir bedrog van minstens 6 koma 7 miljoen rand wat verband hou met diamante van die Kimberly international diamond and jewelry academy. Die diamante van 1 duisend 429 karaat se tenderproses is nabewering nie gevolg nie en het vanuit 'n kluis spoorloos verdwyn. Patrick Seboko, Tebogo Gaborone, Susan Wyngaardt en Kuberin Packirisamy verskyn tans in die hof op bedrog aanklagte.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za