Twee skuldig

Die streekshof in Upington het twee verdagtes die 26 jarige Xavier Roelf en 27 jarige Joslin Visser skuldig gevind op dwelm verwante oortredings wat strek van Oktober 2023. Die Valke het die twee vasgetrek en op meer as 43 duisend rand se dwelms asook 'n voertuig op beslag gelê. Luitenant kolonel Tebogo Thebe van die Valke sê beide verdagtes is tydens vonnis oplegging onbevoegd verklaar om vuurwapens te besit. Visser sal sy vonnis van drie jaar onder korektiewe toesig uitdien terwyl roelf drie van die vyf jaar inhegtenis gaan wees.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media