Skuldig bevinding

’n 29-jarige Noord-Kaapse man, wat skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 61-jarige vrou in die dorpie Gamokatedi, Tsineng in 2021, is deur die Kuruman-streekhof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Volgens sers Timothy Sam, provinsiale polisie woordvoerder, het die voorval op 24 September 2021 plaasgevind, terwyl die beskuldigde, Tholang Milton Mokgoro, en die vrou besig was om vee by hul krale te tel. Sam sê hulle het saam die krale verlaat nadat hulle klaar getel het. Op pad huis toe het die beskuldigde skielik die klaagster se arm gegryp en haar grond toe gedwing en haar verkrag. Sam sê dat die slagoffer die voorval by beide Mokgoro se ouma en die polisie aangemeld het. Hy sê die beskuldigde is twee dae later in hegtenis geneem. Sy naam sal in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word en hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media