Nog arestasies verwag se nk partye

Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is gister in die Pretoria-landdroshof borgtog van 50-duisend rand toegestaan. Mapisa-Nqakula staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Dit hou verband met bewerings dat sy miljoene rand se gunslone van ‘n kontrakteur ontvang het terwyl sy destyds die minister van Verdediging was. Sy het  as speaker en as parlementslid bedank, en het haarself in Lyttelton aan die polisie oorgegee. Die saak is tot 4 Junie uitgestel. Politieke partye in die Noordkaap het eenparig met mekaar gestem en gesê die bedanking van die speaker en begin van vervolging is bewys dat die regsbank onafhanklik staan. Die EFF en Action SA asook Demokratiese Aliansie sê hulle verwag nog inhegtenisnames.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media