Die Kimberley-streekhof het twee mans tot gesamentlike 18 jaar tronkstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by 'n gewapende roof by die Diamond Pavilion Mall.
Volgens polisiewoordvoerder, sers Merapelo Pilane, het die 36-jarige Relebogile Seshego en sy 26-jarige medepligtige, Katlego Phukuntsi, op Sondag, 20 November 2022, 'n juwelierswinkel by die Diamond Pavilion Mall in Kimberley binnegegaan terwyl hulle 'n vuurwapen geswaai het.
Hulle het die winkelwerknemers met die vuurwapen gedreig en weggejaag met juweliersware, selfone en 'n onbekende bedrag geld.
Die twee is gesien hoe hulle in 'n wit Toyota Starlet van die toneel vlug en die polisie is in kennis gestel en het vinnig gereageer. Sam sê beide verdagtes is suksesvol opgespoor en op dieselfde dag in hegtenis geneem.
Die hof het hulle skuldig bevind soos aangekla en Seshego het 'n 10 jaar direkte gevangenisstraf vir roof met verswarende omstandighede ontvang, en 'n verdere twee jaar vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, geheel en al opgeskort vir 'n tydperk van vyf jaar.
Phukuntsi, die jongste van die twee, is op dieselfde aanklagte tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Albei mans is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit, kragtens die bepalings van die Wet op Vuurwapenbeheer.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za