speaker tans in hof nk partye reageer

Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula verskyn tans in die Pretoria Landdroshof, nadat sy het haarself vanoggend by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion aan die polisie oorgegee het. Sy het gister as speaker en as parlementslid bedank te midde van ‘n ondersoek na bewerings van korrupsie teen haar. Sy word daarvan verdink dat sy miljoene rand se gunslone van ‘n kontrakteur ontvang het terwyl sy die Minister van Verdediging was. Mapisa-Nqakula het in haar bedankingsbrief gesê dat haar bedanking nie as ‘n skulderkenning beskou moet word nie. Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag haar dringende aansoek om ‘n interdik teen haar moontlike inhegtenisneming te bekom, van die rol geskrap. In die Noordkaap het verskeie politieke partye gereageer en die stap verwelkom . Die ekonomiese Vryheids Vegters in die ZF Mgcawu streek se Dirk Esau sê die EFF se komentaar is nasionaal eenparig met die Vryheids Front Plus se dokter Peter Groenewaldt wat so gereageer het......INSERT (Peter Groenewaldt)Die ANC se Thabo Mothibi het nie op navraag gereageer nie terwyl die Action SA se Andrew Louw meen die stap van die speaker is bewys dat die regsbank in Suid Afrika nog onafhanklik staan en wys dat hulle nie beinvloedbaar is nie..........INSERT (Action SA)Die leier van die Demokratiese Aliansie in die Noordkaap Herold Mgcluwa sê hulle het is van mening dat geregtigheid nou moet geskied in aanloop van die growee bewerings teen die speaker........INSERT (Demokratiese Aliansie).

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media