Vala umgodi geloods

Operasie Vala Umgodi met sy fokus op onwettige mynbedrywighede het daartoe gelei dat n gesteelde voertuig wat in milnerton in kaapstad as gesteel aangemeld is by kommagas in die namakwa gekry is. 'N 32 jarige verdagte is inhegtenis geneem en sal in die hof verskyn na die polisie beslag op die voertuig n silwer Toyota Corolla gele het. In 'n ander voorval is dagga by 'n huis in Buffelsrivier gekry en n 30 jarige inhegtenis geneem. Twee ongedokumenteerde Zimbabwese burgers is vir hulle beweerde omkoop poging inhegtenis geneem en beslag is gele op mynbou toeristing. Sersant Molefi Shemane sê die en ander misdaadvoorkomings operasies gaan onverpoos regoor die provinsie voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media