Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in die Noord Kaap sê 462 kriminele is regoor die noordkaap provinsie deur Operasie Shanela gearesteer en sal volgens die polisie in die onderskeie howe gedaag word. Die polisie sê in 'n verslag dat, verskeie padblokades regoor die provinsie van stapel gestuur is met die inhegtenisnames wat strek van gesoekte verdagtes wat howe probeer vermy het asook klagtes wat verband hou met diefstal asook opsetlike saakbeskadiging insluitend die besit van onwettige vuurwapens en amunisie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za