Die Namakwa nasionale park is een van vier nasionale parke wat onlangs meer grond bekom het en sal na verwagting vergoot word. Die samewerking tussen die nasionale parke trust en die wereld natuurlewe fonds het die aankondiging gemaak en gesĂȘ die uitbreiding van vier nasionale parke met minstens 20 duisend 206 hektaar is in Februarie reeds bekragtig. Die Namakwa nasionale park is die grootste met 18 duisend 391 hektaar en sluit in die veld waar bedreigde plantspesies waaronder die bekende kokerboom voorkom. Dit sluit ook 'n ses kilometer deel van 'n groter 41 kilometer gebied van die Buffelsrivier tot by Swartlintjies in. Nog een park is die Mokala Nasionale Park minstens tagtig kilometer Suidwes van Kimberley sowel as die Karoo nasionale park naby Beaufort Wes en die Aghulas minstens 200 kilometer suid oos van die kaap
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za