Krisis verdiep

Suid Afrika se waterkrisis is volgens Professor Anja Du Plessis van Unisa by 'n keerpunt. Die aankondiging kom na die watertoevoer in verskeie provinsies die afgelope maande weens swak instandhouding en grootskaalse lekkasies van inwoners afgesny was. In die Noordkaap het inwoners van die provinsie se hoofstad Kimberley hulle misnoe op sociale media uitgespreek oor die kwaliteit van water in die staad, terwyl die van Kheis en die Kai Garib ook daagliks in uitermatige temperature met droee krane sit weens swak instandhouding en verouderde infrastruktuur asook die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur. Du Plessis sê die watertoevoer krisis wat Gauteng getref het vererger daagliks met die spreekwoordelike dag zero wat nader kruip. Dit kom na rand water se waarskuwing dat uitdagings met water kan voortduur tot minstens 2028 weens die konstruksie van fase twee van die leshoto hoogland waterprojek. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media