mk om ovk besluit uit te daag

Die MK-party sê hy gaan appelleer teen die besluit van die Verkiesingskommissie dat oudpresident Jacob Zuma nie op sy kandidatelys vir die komende verkiesing mag verskyn nie. Die OVK het verlede week ‘n klagte teen Zuma se insluiting as kandidaat, gehandhaaf. Volgens die OVK is iemand wat skuldig bevind is aan ‘n misdryf en gevanggenissstraf van meer as 12 maande sonder ‘n keuse van ‘n boete opgelê is, onbevoeg om in ‘n verkiesing te staan. Vandag is die sperdatum vir diegene wat by die Kieshof wil appelleer teen die OVK se besluite.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za