Geduld op paaie

Die Nasionale Taxi-Alliansie doen ‘n beroep op taxibestuurders om waaksaam te bestuur wanneer hulle pendelaars ná die langnaweek na hul bestemmings vervoer. Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie is meer as duisend padgebruikers sedert die begin van die langnaweek in hegtenis geneem en meer as 900 voertuie is geskut. Die Alliansie se woordvoerder, Theo Malele het taxibestuurders gevra om nie hulle selfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie en om elke twee ure ‘n ruskans neem. In die ZF Mgcawu streek het SANTACO 'n beroep gedoen op verdraagsaamheid onder motoriste en gevra dat hulle bestuurders waaksaam moet wees en gereeld rus.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media