Beurtkrag opgeskort

Die kragverskaffer Eskom het die Suid Afrikaanse gemeenskap daarop gewys dat beurtkrag vir die duur van die paasnaweek opgeskort gaan word en eers Dinsdag 2 April van vier uur die middag op Fase 1 voortgesit gaan word. Die Dawid Kruiper munisipaleteit wat die aankondiging verwelkom het, het inwoners aangemoedig om elektrisiteit verantwoordelik te gebruik en om elektriese infrasktuktuur te beskerm deur enige vandalisme en diefstal onmiddelik te raporteer. Die munisipale woordvoerder Patrick Williams se paasfees word gekenmerk deur 'n toevloei van gaste aan die rivierstad en 'n beroep gedoen op inwoners om seker te maak dat besoekers nie 'n onaangename ervaring van die regsgebied sal he nie. Hy sê die beskerming van munisipale infrakstruktuur is netso die verantwoordelilheid van die gemeenskap soos dit die van die munisipaleteit is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media